STILBAAI NUUS - Die brand wat kort voor middernag op Nuwejaarsaand vermoedelik as gevolg van ‘n vuurwerk ontstaan het, is vinnig onder beheer gebring.
“Ek het Stilbaai brandweerpersoneel uitgestuur en daar is bevind dat hulle hulp nodig het. Ek het Eden brandweer versoek en ook addisionele Hessequa brandweerpersoneel ontplooi,” het Adneshel Voss gesê.
Die vuur, wat aan die oorkant van Stilbaai munisipale kantore begin het, het na Hoofweg-Wes beweeg en as gevolg van die hitte ook die huise oor die pad bedreig.
Die pad was vir 3 ure besluit om die publiek verder te beveilig.
Daar was 6 personeel van Hessequa en 4 van Eden, asook 3 bakkies, 1 brandweerwa en 3 waterlorries van Hessequa. Verkeersbeamptes en lede van Stilbaai-polisie het gehelp.
“Ons wil die publiek bedank vir hul samewerking en ook die plaaslike polisie. “
Die brand woed in Stilbaai.
Die brand is gelukkig vinnig geblus.
ARTIKEL: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'