Die twee aangrensende kamers het brandskade opgedoen en van die ander klaskamers rookskade. Die interkomstelsel is ook beskadig. Die skool het 'n sportnaweek aangebied, vanaf Vrydag tot Saterdag, 26 en 27 Julie. "Die skoolhoof, mnr. Richard Flores, het gesê dat hy en twee kollegas besig was om geld by die skool te tel na afloop van die verrigtinge by Riverville stadion toe hulle iets ruik brand. Hulle het na buite gegaan en gesien dat 'n klaskamer aan die brand was," verduidelik mnr. Paddy Attwell, direkteur: kommunikasie, Wes-Kaap onderwys departement.
Vir veiligheidsredes is die klaskamers onder die beskadigde vertrekke gesluit en sal dit voorlopig nie gebruik word nie. Die skool het alternatiewe planne in werking gestel om leerders te akkommodeer sodat onderrig kan voortgaan. Dit sluit in die gebruik van twee rekenaarkamers, 'n witbordkamer, 'n huishoudkundekamer, 'n media-sentrum, 'n laboratorium, die skoolsaal en kamers wat onderwysers gebruik vir administrasie. "Die skade sal so gou moontlik bepaal word om te sien of die klaskamers op die grondvloer geskik en veilig is vir onderrig."
Flores het die brand aan die polisie en WKOD distrikskantoor gerapporteer. Die plaaslike polisie het bevestig dat 'n saak van brandstigting geopen is, maar dat die oorsaak van die brand nog onbekend is.
* IN SHORT
A fire destroyed part of the roof and a classroom on the second floor at Gerrit du Plessis Secondary School on 26 July, Friday night, at 23:00. The two adjoining rooms have fire damage and the other classrooms smoke damage. The intercom system was also damaged. Mr. Richard Flores, Principal of the school, detected smoke from the adjoining building while he was counting money after a sports event at the Riverville Stadium. For safety reasons, the classrooms under the damaged rooms have been closed and will not be in use for the time being. The local police confirmed that a case of arson has been opened, but that the cause of the fire is still unknown.
Die klaskamers weerskante het ook skade opgedoen.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal | Hessequa nuus'