Update
HEIDELBERG NUUS - Die oorsaak van 'n brand wat op 27 April by die Droëkloof-stortingsterrein ontstaan het is onbekend, maar is vermoedelik deur onwettige betreder gestig omdat die stortingsterrein op openbare vakansiedae gesluit is.
Hoewel alle sigbare vlamme geblus is, is daar nog in 'n mindere mate rook wat in klein gedeelte van die gedeelte wat erg gebrand het, voorkom.
"Hierdie deel word tans met grond, wat deur die bentonietmyn voorsien word, bedek en word die situasie deurgaans gemonitor," het Didi Budricks, hoof van openbare betrekkinge en administrasie by Hessequa-munisipaliteit by navraag gesê.
Die feit dat dit nie net bogronds brand nie, maar ook diep onder die grond waar die vullis gekompakteer is bemoeilik sake om die brand ten volle te blus.
Die munisipaliteit se tegniese -, beskermingsdienste - en brandweerpersoneel monitor die situasie voortdurend en sal dit ook na-ure deur bystandpersoneel gemonitor word.
"Verskoning word aan al die inwoners van die omliggende gebiede aangebied wat geraak word deur die rook as gevolg van die brand by die stortingsterrein," het die waarnemende munisipale bestuurder, Hendrik Visser gesê.
Vorige artikel: Brand by asgate smeul nog
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'