Gallery Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Die bestuurder en twee passasiers van ’n boormasjien wat gistermiddag aan die voet van die Garciapas buite Riversdal omgeslaan het, is na Riversdal-hospitaal geneem.
Die bestuuder kon klaarblyklik nie die swaar voertuig na ’n laer rat oorgeskakel kry nie en het beheer daaroor verloor.
Die voertuig het omgeslaan, die sleepwa het afgebreek en in ’n klofie langs die pad beland.
Kyk 'n video hieronder:
•Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'