HESSEQUA NUUS EN VIDEO - Suid-Kaap Forum het met drie jeugdiges gesels oor die uitdagings en vreugdes van die nuwe Suid-Afrika.
“Ons het op skool gehoor hoe moeilik dit was om 25 jaar gelede ’n tiener te wees,” vertel Jay-Lee Lupini (15), ’n leerder aan ’n plaaslike hoërskool. “Ek dink Hector Pietersen was baie dapper om sy eie lewe op te offer vir ’n beter Suid-Afrika.”
Tog is die omstandighede in skole steeds moeilik.
“Boelies maak die lewe ondraaglik,” vertel Raynette Esau, ook 15 en aan dieselfde skool. “Soms is dit so erg dat die kinders gedwing word om goed by hul ouerhuis te steel om vir die boelies te gee.”
En sê jy vir die onderwyser wie die boelies is, word jy self geteiken. Dis vir die leerders ook dadelik duidelik wanneer ’n kind se ouers afwesig is, want daardie kinders soek aandag en ontwrig die klas. Ten spyte van moelike omstandighede, sien Berna-Lee Daries steeds ‘n toekoms vir die jeug in Suid-Afrika.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'