HESSEQUA NUUS - Jou bloed kan iemand se lewe red, daarom doen die Wes-Kaap Bloeddiens 'n beroep op die gemeenskap om op die datums soos hieronder aangedui bloed te gaan skenk.
Indien jy tussen die ouderdom van 16 en 75 jaar oud is, 50 kg of meer weeg, 'n algemene goeie gesondheid handhaaf en 'n veilige seksuele leefstyl lei, behoort jy te kan bloed skenk.
Die volgende klinieke
Albertinia
29 November in die stadsaal, Hoofstraat tussen 14:00 en 18:00.
Stilbaai
15 Desember in die gemeenskap-sysaal tussen 12:00 en 15:00.
Neem kennis dat die datums hierbo bevestig is, maar dat dit wel soms kan verander. Skakel 044 874 2074 vir enige navrae.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'