HESSEQUA NUUS - Jou bloed kan iemand se lewe red, daarom doen die Wes-Kaap Bloeddiens 'n beroep op die gemeenskap om op die datums soos hieronder aangedui bloed te gaan skenk.
Indien jy tussen die ouderdom van 16 en 75 jaar oud is, 50 kg of meer weeg, 'n algemene goeie gesondheid handhaaf en 'n veilige seksuele leefstyl lei, behoort jy te kan bloed skenk.
Die volgende klinieke
Heidelberg
14 November in die stadsaal, Van Riebeeckstraat tussen 12:00 – 15:00
Albertinia
29 November in die stadsaal, Hoofstraat tussen 14:00 – 18:00.
Stilbaai
15 Desember in die gemeenskapsysaal tussen 12:00 – 15:00.
Neem kennis dat die datums hierbo bevestig is, maar dat daar wel soms veranderinge kan kom.
Skakel 044 874 2074 vir enige navrae.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'