HESSEQUA NUUS - Die volgende bloedskenkingskliniek is Maandag 1 Junie op Heidelberg by die stadsaal.
Persone wat wil bloed skenk, se hande sal by die ingang met ontsmettingsmiddel gesteriliseer word.
Die personeel se hande sal ook voor en na kontak met elke skenker gesteriliseer word. Die beddens sal die verlangde afstand van mekaar geplaas wees.
Volgens Arlecia November van die Wes-Kaap Bloeddiens het geen nuwe skenkers by die bloedskenkkliniek op Riversdal op 30 April opgedaag nie en ’n totaal van 65 eenhede is geskenk.
Moenie bloed skenk indien jy kontak gehad het, of vermoed dat jy kontak met ’n persoon gehad het wat met Covid-19 gediagnoseer is, of die vermoede bestaan dat die persoon die virus onder lede mag hê.
Indien jy met die koronavirus gediagnoseer word binne 28 dae nadat jy bloed geskenk het, moet jy dadelik met die Wes-Kaap Bloedskenkdiens in verbinding tree by 021 507 6319, 507 6320 of 507 6329.
• Stilbaaiers kan weer op 18 Junie bloed skenk en Riversdal op 25 Junie.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'