HESSEQUA NUUS - Biblioteke in Hessequa het ’n unieke manier bedink om kos in plaas van boetes vir boeke wat laat terugbesorg word, te ontvang.
Volwassenes wie se boeke laat is, kan nie-bederfbare voedsel soos blikkieskos, pasta, meel en dies meer aan die biblioteek skenk eerder as om die boete in rand en sent te betaal.
Sedert die projek Food for Fines in Oktober begin het, is R1 000 se boetes so afgekoop. Altesaam 150 kositems is Donderdag 5 Desember aan Magda Kamfer van Kindersorg SA oorhandig.
Van links: Melanie Cloete, Esmé Hugo, Magda Kamfer, Marina Griesel, Charlene Jansen en Ronel Fielies. Foto: Tisha Steyn
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'