Update
HEIDELBERG NUUS - Anroux Marais, Wes-Kaapse minister van sport en kultuur het Donderdag, 18 Maart tydens Nasionale Bibloteekweek ook Heidelberg se twee biblioteke besoek.
Die week is vanaf 15 tot 21 Maart met die tema, Biblioteke maak saak, gevier. Die doel daarvan was om, buiten die nasionale poging om inligtingsdienste en bronne, asook die voordele van lees en geletterdheid te promoveer, ook om die personeel vir hul dienste te bedank.
Volgens Marais speel die personeel 'n groot rol in die ontwikkeling van veral ons jeug en wil sy hulle verder aanmoedig om nie hul passie te verloor om van diens te wees met die kulturele, opvoedkundige en ontspanningsaspekte van die biblioteekdienste nie.
"Ons waardeer jul onbaatsugtigheid en passie opreg om dié broodnodige dienste aan ons gemeenskappe te lewer. Doen so voort," het Marais aan die personeel van Heidelberg gesê.
Vorige artikel: Biblioteke maak saak
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'