HEIDELBERG NUUSFLITS - Die biblioteekpersoneel, in samewerking met die plaaslike daghospitaal, asook vrywilligers en kinders het Dinsdag 28 November ook hul ondersteuning aan die jaarlikse 16 Dae van Aktivisme teen geweld van vroue en kinders toegesê.
Die groep, onder leiding van die bibliotekaris, Janette du Plessis het vanaf die daghospitaal ‘n staptog tot by die biblioteek onderneem.
Hulle het verskeie plakkate vertoon, onder meer 'Genoeg is Genoeg, Vrouens en kinders is nie slaansakke nie,
Moenie wyn as ‘n skuilbos gebruik nie, Gee liefde en aandag.
Sprekers het kort en bondige toesprakies gelewer om mekaar te bemoedig.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'