Daarmee gepaard is daar ook 'n nuwe aanwins met die aanstelling van die fasiliteit se bibliotekaris.
Me. Volenté Hoogbaard, inwoner van Slangrivier het op Donderdag, 1 November diens aanvaar. Sy het in 2006 by Kairos Sekondêr gematrikuleer en voor haar aanstelling was sy vir byna vier jaar as biblioteekassistent by Vondeling Wheeli Wagon werksaam.
Hoogbaard, wat daarin glo om deur harde werk sukses in die lewe te behaal, is daarop ingestel om tot die beste van haar vermoë die gemeenskap van Heidelberg trots op hul biblioteek te maak en glo dat die nuwe uitbreiding tot voordeel van veral die leerders van al die skole in die dorp sal wees. "Ek is seker dat ek en my twee kollegas, Lizomine Abrahams, wat voorheen waargeneem het en Leazle Thyse, 'n gedugte span sal vorm om net die beste diens vir die gemeenskap te lewer," het sy gesê.

Die trio met 'n gesamentlike byna 15 jaar ondervinding in die biblioteekwese beoog om 'n gedugte wenspan by die Duivenhoks biblioteek te wees. Van links staan Lizomine Abrahams, Volenté Hoogbaard en Leazle Thyse.
FOTO'S: CLIVE PRETORIUS