RIVERSDAL NUUS - 'n Vragmotorbestuurder het groot geskrik nadat hy 'n botsing reg van voor moes verhoed.
Dié man was vermoedelik van George na Kaapstad onderweg toe hy so 10 km voor Riversdal 'n ander vragmotor in die middel van die drie bane op die N2 rigting Riversdal sien staan.
Om 'n ongeluk te vermy het die vragmotorbestuurder na die regterkant van die pad uitgeswaai.
Terwyl die twee vragmotors langs mekaar was, het daar 'n motor van vooraf aangekom. Hy het na links uitgeswaai en die ander vragmotor getref waarna hy beheer verloor het en aan die regterkant van die pad tot stilstand gekom het.
Niemand is beseer nie.
'n Vragmotorbestuurder moes Dinsdagoggend omstreeks 06:00 vinnig dink om 'n botsing reg van voor te vermy. Nog foto's en artikel op bl. 3. Foto: San-Marié Cronjé
Een van die bane op die N2 net buite Riversdal was vir ure gesluit.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'