HEIDELBERG NUUS - Die N2, ongeveer 10 km buite Heidelberg is vroeg vanoggend ontwrig nadat die bestuurder van ’n vragmotor beheer verloor het.
Volgens ao. Alroy Windvogel, plaaslike polisiewoordvoerder, kon die passasier uit die kajuit kruip, maar die bestuurder moes met behulp van meganiese kake verlos word.
Die vragmotor het vermoedelik om 08:00 omgeslaan. Die polisie en nooddienswerkers was op die toneel.
Dit is onduidelik wat die vragmotor vervoer het. ’n Stop-en-ry is op die oomblik in plek.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'