Een so 'n groep goeie samaritane, almal eienaars van Volkswagen motors, onder leiding van mnre. Lanwille Plaatjies en William 'Boy' Moila, het Paas Saterdag, 30 Maart besluit om fondse te in vir een van dié dorp se mees vredeliewendste inwoners, Freddie February, wat verlede Desember ernstige kopbeserings opgedoen het, terwyl hy opknappingswerk by die plaaslike bentonite myn net buite die dorp verrig het. Dié beserings het permanente breinletsels agtergelaat.
February, 'n boukonstruksie nutsman van gehalte, was op die dak van die myngebou besig toe hy glo deur die dak geval en op sy kop te lande gekom het. Hy is in die hospitaal op George opgeneem waar hy aan intensiewe medies en terapeutiese behandeling onderworpe was. Plaatjies, 'n plaaslike gospelsanger, en Moila, twee werknemers van die myn en beide Volkwagen aanhangers, het dit met hul mede-Volkswagen aanhangers bespreek en die groep van ongeveer 15 Volkswagen entoesiaste het 'n optog deur die dorp gereël waarna hulle die skaflike bedrag van R1000 uit hul sakke aan February en sy vrou, Elize oorhandig het.
Annelene Hartnick, wyksraadslid, het ook die verrigtinge bygewoon en tydens haar kort toespraak het sy die groep bedank vir hul goeie gebaar teenoor February en sy gesin. Hartnick het ook February geloof vir sy uitnemende persoonlikheid en vriendelikheid teenoor almal wat sy pad gekruis het voor sy ongeluk. Sy het hom bemoedig om aan te hou glo dat sy toestand sal verbeter aangesien daar aanvanklik nie veel hoop was vir hom nie.
"Kyk jou gesig straal nog steeds van liefde" het sy dié altyd glimlaggende evangelis van die Nuwe Apostoliese Kerk, mee opgebeur. Moila het tydens sy kort toespraak die aanwesiges aangemoedig om weg te kyk van die kerk en net hulself toe te spits om enigiemand in nood van hulp te wees. Plaatjies het ook almal bedank vir hul bydrae en spesifiek ook die Hessequa wetstoepasser, ene, Roy Scheepers, bedank dat hy sy tyd opgeoffer het om die motor optog deur die dorp te lei.
February het op sy beurt, met baie ongerief, sy weldoeners hartlik bedank vir hul onbaatsugtige gebaar van liefde vir hul medemens.Die verrigtinge by die February woning in Van Niekerkstraat in Joe Slovo Park, is met 'n gesang en gebed afgsluit. Laasgenoemde is deur die plaaslike NAK herder, Dawid Tities, behartig.

Freddie February, regs, oorhandig hier aan Daniel Conradie, sy prys van die CD, "Ek is so Tevrede". Saam met hulle staan, Boy Moila, Lanwille Plaatjies, mede-organiseerders en Annelene Hartnick, wyksraadslid.

Die groep Volkswagen entoesiastiese eienaars, het diep in hul sakke gekrap om 'n verskil aan Freddie February, in die middel, se lewe te maak na sy ongeluk verlede Desember waartydens hy ernstige kopbeserings opgedoen het. Annelene Hartnick, wyksraadslid, staan links van February. Foto's: Clive Pretorius.