Gallery
STILBAAI NUUS - Laerskool Bertie Barnard het gedurende die laaste week van die kwartaal op 19 tot 28 September weer hul jaarlikse kultuurweek aangebied.
Dit is 'n week waarna almal elke jaar uitsien en dit het weer aktiwiteite vir jonk en oud.
Vanjaar was daar tyd vir 'n sterreaand, terwyl die Spar-ontbyt weer uiters gewild was.
Daar was ook 'n musiekwaardering, 'n skaaktoernooi en 'n teetuin wat vir drie dae heeldag oop was, asook die heerlikste koffie, tee en 'n wye keuse van koek beskikbaar.
Dit is 'n week waarna almal elke jaar uitsien en dit het weer aktiwiteite vir jonk en oud.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'