Gallery
STILBAAI NUUS EN GALERY - Laerskool Bertie Barnard op Stilbaai se rugbyveld was Vrydagmiddag, 8 April 'n miernes van bedrywighede terwyl almal gewag het vir die hoogtepunt, naamlik die jaarlikse beesloop.
Soos elke jaar is 'n gedeelte van die rugbyveld afgekamp en in blokke ingedeel. Kaartjies is verkoop vir elke blok en die gelukkige kaartjiehouer op wie se blok die bees dan mis, wen R7 000 geborg deur OK Foods op Stilbaai.
Daar was ook twee gelukstrekkings van onderskeidelik R2 000 en R1 000, ook geborg deur OK Foods.
FOTOGALERY: Laerskool Bertie Barnard se jaarlikse beesloop
Om die middag selfs meer plesierig te maak was daar heelwat kosstalletjies, 'n groot springkasteel, boogskiet, gesigverwers, sakresies en toutrek.
Uiteindelik het die groot oomblik aangebreek en is die bees losgelaat op die teikengebied. Sy was egter glad nie haastig nie en het vir langer as 30 minute rondgestaan en rondgeloop voordat sy Luella Nelson se blok gekies het om haar ding te doen.
Skoolhoof Nicky Deetlefs is baie tevrede met die geslaagde middag - 'n goeie fondsinsamelingspoging met pret vir elkeen.
'n Springkasteel is 'n lekker ding.
‘Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus’