HESSEQUA NUUS - Laerskool Bertie Barnard in Stilbaai hou hierdie week 'n kultuurweek by die skool.
Elke graadklas het 'n land gekies en dan het die hele klas 'n kort opvoering vir ouers en belangstellendes.
Die eerste opvoerings was gisteraand en dit word elke 15 minute gehou, sommer in die klaskamer.
Gisteraand was dit die Hartlief-klas van Christelle Taljaard wat "I like to move it" van Madagaskar voorgestel het, die Graad 2 klas was in Griekeland, en die Graad sesse was met "Fly on the ocean like an eagle" in Rio De Janeiro.
Dit duur nog tot Donderdagaand en begin om 16:30 by die skool.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’