RIVERSDAL NUUS - 'n Bekende sakeman van die dorp en Stilbaai het sy stryd teen kanker verloor.
Edward Weston (41), die eienaar van Riversdal Begrafnisdienste hier en Garden Route Begrafnisondernemers op Stilbaai, is Saterdag 13 April na 'n siekbed oorlede.
Weston, wat 'n MBA-graad aan die Universiteit Stellenbosch verwerf het, was sedert Maart 2015 die eienaar van die twee ondernemings. Hy het die ondernemings, wat deur Joe de Jager gestig is, van Yolande de Jager gekoop. Weens sy werkywer kon hy later Alex Robijn se besigheid ook koop en na sy eie perseel verskuif.
Hy word oorleef deur sy vrou Sonika, 'n argitek, en die egpaar se twee kinders, Nikolas en Karli.
Sy begrafnisdiens vind om 10:00 Donderdag 18 April uit die NG Moedergemeente te Kerkstraat 42, Mosselbaai plaas.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'