RIVERSDAL NUUS - ’n Bekende sakeman van die streek, Edward Weston (41), het sy stryd teen kanker verloor. Hy is Saterdag 13 April na ’n siekbed oorlede.
Weston was die eienaar van Riversdal Begrafnisdienste en Garden Route Begrafnisondernemers op Stilbaai.
Hy word oorleef deur sy vrou Sonika, en die egpaar se twee kinders, Nikolas en Karli.
Sy begrafnisdiens vind om 10:00 Donderdag 18 April uit die NG Moedergemeente te Kerkstraat 42, Mosselbaai plaas.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'