SLANGRIVIER NUUS - Aldo Esau (28), ‘n werker van Sentraal-Suid Koöperasie (SSK) en rugbyspeler van die plaaslike klub, Arrows, is vandag dood toe hy na bewering deur 'n elektriese draad geskok is.
Volgens van sy kollegas was hulle net klaar met middagete toe hy besig was om voerpille te laai wat deur 'n pyp aan die voertuig gekoppel is.
Die voorval het op die plaas, Solderskraal, so 25km buite Swellendam, rigting Malgas gebeur.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'