HEIDELBERG NUUS - Die lewelose liggaam van Dawid Vollenhoven (80), voormalige vryskutskrywer en langafstand atleet is ongeveer 11:45 vanoggend, 2 Januarie in sy huis in Heidelberg ontdek.
Volgens familielede het sy suster hom dood aangetref toe sy vir hom 'n bord kos geneem het. Hy het by sy jongste seun, wat 'n kluisernaarsbestaan voer, gebly.
Vollenhoven, wat bekend was as Dawid Borrie het sy dorp se naam in sy dae as langafstand atleet en vryskutskrywer hoog gehou.
Hy het vir etlike jare vir die Rapport en Die Burger geskryf.
Geen misdaad word vermoed nie.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'