RIVERSDAL NUUS - 'n Bekende inwoner van die dorp Eileen Steyn, is Sondag 6 Augustus in die ouderdom van 77 jaar oorlede.
Steyn was vanaf 1965 tot 1973 by Hoërskool Langenhoven se koshuis as kombuisassistent werksaam. In 1974 begin sy by Riversdal Handelshuis by die koffiekroeg as kelner werk.
Dié stylvolle vrou met haar kenmerkende rooi hare verlaat die Handelshuis in 1999 na 'n dienstydperk van 25 jaar toe sy met pensioen gaan.
Sy word met Alzheimersiekte gediagnoseer en is sy Saterdag 12 Augustus ter ruste gelê. Sy laat twee dogters, Stephanie en Ursala, vier kleinkinders en een agterkleinkind agter.
ARTIKEL: KEITH EKSTEEN, KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'