HEIDELBERG NUUS - Heidelberg het met groot hartseer verneem van die dood van die bekende boukontrakteur, John Rossouw (78), Dinsdagaand 20 Junie.
Rossouw, alombekend as 'Jan Dag en Nag', het ses dae na sy 78ste verjaarsdag in die Riversdal-hospitaal na 'n siekbed van twee weke gesterf. Hy is 'n paar maande gelede met pankreaskanker gediagnoseer.
Benewens Sophia en Klaas, laat hy nog 'n dogter, Maria, ses kleinkinders en drie agterkleinkinders agter.
Die begrafnisdiens vind Saterdag 1 Julie om 09:00 by die huis in Burnsstraat en om 10:00 vanuit St. Barnabas Anglikaanse Kerk in Heidelberg plaas.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’