Update
HESSEQUA NUUS - Die twee kinders wat Sondag 29 September in ’n trompop-botsing op die N2 tussen Albertinia en Riversdal dood is, word Saterdag te ruste gelê.
Monte Elbrink, ’n agtjarige leerder van Voorwaarts en sy niggie, Leejane November (18), leerder by Hoërskool Albertinia is op die toneel dood verklaar in ’n botsing met ’n bakkie met ’n perde-sleepwa.
Die bestuurder van die motor is per ambulans na Riversdal-hospitaal vervoer. Die perd wat in die sleepwa was, is blykbaar nie beseer nie.
’n Roudiens vind Woensdagaand 19:00 by Emmanuel AGS-kerk in Kwartelstraat plaas. Die begrafnisdiens is Saterdag 5 Oktober om 09:00 vanuit die huis in Trevor Waterbosstraat 112 en daarna om 10:00 vanuit die kerk.
Volgens Kenny Africa, Wes-Kaap verkeershoof, word die omstandighede van die botsing ondersoek.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Leejane November (18).
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'