ALBERTINIA NUUS - 'n Barmhartige Samaritaan het tot die redding gekom van twee vroue van Albertinia wat op 'n afgeleë plek op die N2 met 'n pap band gestrand was.
Op 19 Oktober was Emily Oosthuizen en haar suster Tania van der Westhuizen op pad vanaf Mosselbaai na Albertinia met 'n vrag bagasie toe hulle sowat 30 km buite Albertinia agtergekom het die een band is tot op die velling pap.
Nie juis 'n veilige plek vir twee vroue op hul eie nie.
Bradley du Preez van forensiese patologie het by die toneel verbygery en gesien die twee sukkel om die wiel om te ruil en besef dis 'n potensieel gevaarlik situasie.
Hy het onmiddellik stilgehou om hulle te help. Maar sy goeie daad het nie net daar gestop nie. Hy het hulle vergesel en seker gemaak hulle bereik die naaste vulstasie in Albertinia veilig waar die band nagegaan is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’