Gallery
HEIDELBERG NUUS - Adjudant-offisier Alroy Windvogel wat op 4 Mei sy 60ste verjaarsdag gevier het, het na 35 jaar diens op 31 Mei afgetree.
Windvogel word oral as ’n mense-mens beskryf wat diep gelowig is en in sy werk ook sy geloofsbeleid uitleef.
Lt kol Sipho Dyani, plaaslike stasiebevelvoerder het Windvogel as ’n baie lojale lid beskryf wat nooit geweier het om ’n taak uit te voer nie.
Fotogalery: Polisie neem afskeid van plaaslike stasiebevelvoerder
Ao Andries Botha wat lank saam met Windvogel diens gedoen het, het hom as ’n man van God beskryf, wat sy werk passievol gedoen het. “Geniet jou tyd met jou familie, ons bid vir jou” het hy gesê.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'