HESSEQUA NUUS - Bullebakkery kry deesdae groot aandag in die media. Die skool het vanaf 20 tot 23 Augustus 'n anti-boelieweek gehou. Die Wes-Kaapse onderwysdepartement het skole betrek om veldtogte te loods teen dié euwel. Mev. Cheryl Krause wat aan die spits van sake is, het baie moeite gedoen om van hierdie week 'n sukses te maak.
Die kleur wat met die anti-boelie-veldtog geassosieër word, is blou. Die Dasse het elke dag verskillende aktiwiteite gedoen vir bewusmaking.
Hulle kon op 21 Augustus blou klere aantrek en moes R5 betaal om aan die veldtog deel te neem.
Ronde, blou doughnuts was teen R5 verkoop omdat dit van simboliese waarde was. Die ronde fatsoen was om 'n circle of friends te weerspieël. Leerders het 'n flashmob-liedjie gesing en verskillende interessante foto's was tydens die geleentheid geneem.
Die veldtog het op 23 Augustus met 'n talentaand afgesluit. Daar is uitstaande talent onder die leerders en almal het sonder twyfel die aand geniet. Die verrigtinge het om 18:00 in die skoolsaal plaasgevind.
Hulle kon op 21 Augustus blou klere aantrek en moes R5 betaal om aan die veldtog deel te neem.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'