RIVERSDAL NUUSFLITS - 16 Munisipale amptenare het hul AET-sertifikate tydens die 2016/2017 Adult EducationTraining-gradeplegtigheid op Vrydag 6 Oktober op Riversdal ontvang.
Gedurende 'n vaardigheidsoudit in 2012 van die munisipaliteit se amptenare is bevind dat 24% van die werkerskorps nie graad 9 voltooi het nie.
Die Menslike Hulpbronne-afdeling het die afgelope drie jaar fokus op geakkrediteerde onderrig van die amptenare geplaas en 'n kontrak is met 'n diensverskaffer gesluit om hulle die geleentheid te bied om dié kwalifikasie te verwerf.
Die gemiddelde slaagsyfer vir die tydperk is 85%.
"Die munisipaliteit is werklik trots op die amptenare en wens almal geluk met hul onderskeie prestasies," het munisipale bestuurder Johan Jacobs tydens die geleentheid gesê.
Die groep het almal hul opleiding suksesvol voltooi.
Lees meer hieroor in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'