ALBERTINIA NUUS - Dit is weer tyd vir die jaarlikse 16 dae van aktivisme teen geweld teen vrouens en kinders.
Albertinia het vanjaar 'n hele program wat oor hierdie tydperk strek.
Aan die voortou van die reëlings is Stephanie Rossouw van Sektor 1, by die gemeenskapspolisieforum. "Daar is nog enkele dae waar die item nog nie bevestig is nie, maar ons sal dit sodra bekend bevestig," sê Rossouw.
Program
- 25 November: Parade deur die dorp met onder andere trompoppies, karatekas en vrouens met plakkate
- 26 November: Voëlroepersfontein
- 28 November: Video op sosiale media oor hoe mense in rolstoele benadeel word
- 29 November: Plaaswag/SAPD/buurtwag/Agri (veiligheid)
- 1 Desember: Gemeenskap se gesondheidswerkers: sportgronde se muur verf
- 2 Desember: Kindersorg
- 3 Desember: Hoërskool Albertinia - klein video oor boelie of geweld
- 4 Desember: Pretdraf
- 7 Desember: Opedag by Albertinia-traumakamer (11:00-15:00)
- 8 Desember: Ouetehuis/besoek aan museum
- 10 Desember: Kersboom
Vir meer inligting, kontak Rossouw (060 691 5368).
VORIGE ARTIKEL: Albertinia staan saam teen geweld
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'