HESSEQUA NUUS - Hessequa-sub distrik het hierdie week beide J&J (beperkte) en Pfizer entstowwe by die inentingspersele beskikbaar.
Dit is volgens die Wes-Kaap departement van gesondheid se woordvoerder: Tuinroete en Sentraal-Karoo distrik, Nadia Ferreira.
“Almal bo die ouderdom van 35 jaar kan vir hul inentings gaan.”
Al die sub-distrikte in die Tuinroete, met uitsondering van Hessequa het ‘n daling in Covid-19-gevalle gehad.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'