HESSEQUA NUUS - Twee plaaslike inwoners is sedert die begin van grendeltyd vir die oortreding van die inperkingsmaatreëls in hegtenis geneem.
Volgens kapt. Malcolm Pojie, die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is die 23-jarige Wessel Robertson op 2 April in hegtenis geneem.
Hy het die volgende dag in die Stilbaai-landdroshof verskyn en bly in aanhouding. Tydens 'n tweede hofverskyning op 8 Mei is hy tot 'n skulderkenningsboete van R400 of 10 dae gevangenisstraf gevonnis. Volgens Pojie is hy tans besig om sy gevangenisstraf uit te dien.
Die 34-jarige Michael Badiso is op 27 April in hegtenis geneem en het die volgende dag in die Riversdal-landdroshof voorgekom, waarna hy in aanhouding gebly het. Hy het ook weer op 8 Mei in die hof verskyn en die saak is tot die 15de uitgestel. Pojie sê Badiso is ook steeds in aanhouding.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'