ALBERTINIA NUUS - David Majiya is tot agt jaar direkte gevangenisstraf gevonnis vir die handeldryf in tik.
Volgens die plaaslike polisie was hy blykbaar tot dusver een van die moeilikste handelaars om vas te trek. Sers. JM Spangenberg was projekbestuurder en konst. Christiaan Zwiegelaar het die ondersoek hanteer.
Kapt. Susan Botha het hulle vir hul toewyding en harde werk bedank.
David Majiya.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'