Gallery Update
RIVERSDAL NUUS - Die jeug van AGS Aloeridge het Woensdag, 16 Junie tydens 'n pretdag, geklee in al die kleure van die landsvlag die Jurish Park in Riversdal behoorlik rooi geverf met hul aktiwiteite.
Die jeug bestaan uit jongmense met verskillende agtergronde, omstandighede, drome en ideale, maar hulle het almal een visie en dit is om nader aan God te beweeg. Volgens die jeugleier, Bronwyn Cullum is dit selfs ook moontlik deur so 'n dag.
"Christian cohesion, omdat ons eenheid handhaaf en altyd daar vir mekaar is."
Die dag het bestaan uit 100m en sakresies, eier op die lepel en in die mond, gees vang, lekker eet en ook ander aktiwiteite wat die jeug besig gehou het.
"Ons besef dat baie van ons jongmense nie 'iemand' het nie, en tog het almal iemand nodig.
Fotogalery: AGS Aloeridge hou Jeugdag pretdag
"Die jeug is baie na aan mekaar en ons uniekheid bring ons bymekaar en maak ons 'n hegte span vir Christus. Ons besef dat die wêreld baie boos is en dat die lewe vir jongmense uitdagend is, maar ons weet dat ons dit in hierdie lewe sal maak wanneer ons mekaar en Jesus het."
Cullum bedank al hul borge, onder meer Hessequa-munisipaliteit, AGS Aloeridge se kerkraad en die burgemeester se kantoor.
"Ons waardeer wat julle vir ons gedoen het. Mag God u seën."
Vorige artikel: Pretdag op Jeugdag
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'