HESSEQUA NUUS - 'n Veiligheidsaand en sakeontbyt is deur AfriForum se Hessequa-tak op 10 en 11 Maart aangebied.
Toekennings vir uitnemendheid en onbaatsugtige en volgehoue diens is ook dié aand aan die Riversdal-gemeenskap en Albertinia-buurtwag oorhandig.
Raymond Hohls, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid het inwoners toegespreek oor veiligheid, belangrike statistieke en hoe om uiteindelik ’n netwerk te skep om veilig te wees in die omgewing waarin jy woon.
Sluit vandag nog by AfriForum se veiligheidstrukture aan: SMS “Buurtwag” na 45350 (R1) en word deel van die verskil. Vir meer inligting, kontak Johan Crous (084 587 2783/johan@dehandelshuis.co.za).
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'