HESSEQUA NUUS - Die Hessequa-streek het Maandag, 8 Februarie slegs 16 aktiewe Covid-19-gevalle getoon.
Hierdie syfer is 23 aktiewe gevalle minder as Maandag, 1 Februarie se 39 gevalle. In die middel van die feesseisoen, op 4 Januarie het die streek 195 geregistreerde gevalle getoon
Vier Hessequa-dorpe, naamlik Heidelberg, Slangrivier, Gouritsmond en Witsand het Maandag geen positiewe Covid-19-gevalle gehad nie. Melkhoutfontein en Slangrivier se ses gevalle elk was die hoogste, met Riversdal op drie en Albertinia een.
Sedert die ontstaan van die pandemie, tot en met Maandag is 1 850 mense binne Hessequa positief getoets, waarvan 100 oorlede is.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'