Gallery Video
TUINROETE NUUS EN VIDEO - Lede van die Memorable Order of Tin Hats (Moths) wat ook lede is van die Tuinroete Motorcycle Association (MMA) het Saterdag 12 November 'n Herdenkingsdagparade-rit vanaf George na Mosselbaai gehou terwyl die Herinneringsdag van die Moths en die gemeenskap op Sondag 13 November plaasgevind het.
Die motorfietsgemeenskap het 'n ontbytrit, 'n massamotorfietsrit en 'n parade gehad om diegene van die omgewing wat hul lewens tydens verskeie oorloë verloor het, te vereer.
Hulle het vroegoggend vanaf die Outeniqua Shellhole in Rijk Tubaghstraat in George vertrek en by die Hartenbos Seefront 'n MMA-ontbyt by die Spur geniet.
Daarna het almal vertrek na die senotaaf by Die Punt in Mosselbaai ter herinnering aan die gestorwenes. Beide die parades is ten aanskoue van die publiek gehou waartydens twee skote met die twee seinkanonne afgevuur is.
VIDEO - Motorcyclist commemorate their fellow soldiers:
Wêreldwyd word Herinneringsdag op die 11de dag van die 11de maand om 11:00 gehou. In talle groot stede en dorpe word eer betoon vir gevalle soldate in die vorm van dienste of parades wat op die naaste Sondag aan daardie datum gehou word. Die standaard-parade is gerig op alle veterane en die publiek en is nog altyd relatief goed ondersteun, maar dit was geneig om "motorfietsryers" uit te sluit.
"Met die ondersteuning van burgemeester Dirk Kotze, raadslid Anton Dellemijn, die Mosselbaai-munisipaliteit en Mosselbaai-toerisme, kry die gebruik van 'n "Bikers Herinneringsdag-parade" momentum," sê die organiseerder, Anthony van Tonder.
FOTOGALERY: MOTHs hou Herdenkingsdagparade-rit
Volgens Van Tonder kon die tydsberekening vir die 2023-parade nie beter gewees het nie, aangesien die volgende "Bikers Herinneringsdag-parade" in 2023 juis op Saterdag die 11de van die 11de maand gaan plaasvind.
Dit sal nou as 'n standaardgeleentheid op die kalender van die Tuinroete-motorfietsvereniging gevoeg word. Die Tuinroete-motorfietsvereniging bestaan uit 41 geassosieerde klubs en sonder veel verbeelding, hou die 2023-geleentheid baie meer potensiaal in.
Dit is altyd 'n uitstekende geleentheid om ons jonger generasie te herinner aan die opofferings wat ons helde gemaak het en is die ideale geleentheid vir 'n gesinsuitstappie," sê MOTH, Anthony van Tonder.
Hy kan ook by 082 467 3365 gekontak word vir enige verdere navrae oor die Moths.
Moths en ander rolspelers by Sondag 13 November se herdenkingsparade by die senotaaf. Foto: Jannie du Plessis
Die afvuur van die twee seinkanonne is een van die hoogtepunte by die jaarlikse herinneringsdag. Foto: Sharlton Groenewald
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'