" 'n Wit strikkie word gedra om te simboliseer dat standpunt ingeneem word teen geweld en mishandeling van vroue en kinders," sê Coreen Jansen van Rensburg, gemeenskapsontwikkelingsbeampte.
Die ACVV se tema vir die eerste dag was 'Klee jou werksplek in wit'.
Daar word beplan om op 6 Desember 'n inligtingsessie te Garcia te loods om ondersteuning te bied aan diegene wat slagoffers van gesinsgeweld is.
"Die ACVV se noodkreet is om die stilte te breek en om ondersteuning te bied aan die veldtog teen geweld."
Van links agter is Aletta Sutherland (skoolhoof, Miernes), Natasha Juta (klashulp), Alica Prins (maatskaplike werker, ACVV Riversdal), Emily Mkani (klashulp), me. Cordine Malherbe (voorsitter, ACVV Riversdal), Nicolé Boshoff (maatskaplike hulpwerker, ACVV Riversdal) en Coreen Jansen van Rensburg (gemeenskapsontwikkelingsbeampte).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal | Hessequa nuus'