HESSEQUA NUUS - Hugo Redelinghuys, wat hom onlangs as senior joernalis by Suid-Kaap Forum aangesluit het, is verlede Woensdag, 4 Mei Kaap toe om sy enigste seun, Jan-Hendrik se gradeplegtigheid in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum by te woon.
Jan-Hendrik het sy graad in sielkunde ontvang en hy is van voornemens om hopelik binnekort by 'n kliniese sielkundige se praktyk in Durbanville in te val.
Hugo het ook 'n graad in sielkunde aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Hy het daarna sy honneursgraad in joernalistiek verwerf en dit sy loopbaankeuse gemaak.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'