RIVERSDAL NUUS - Die lewenslustige 90-jarige Sera Classen van Riversdal is op Woensdag 7 Februarie in die Carewell-hospitaal in Stilbaai aan 'n hartaanval oorlede.
Sy het op Maandag 5 Februarie 'n heupoperasie in Life Bayview-hospitaal ondergaan waarna sy na Carewell oorgeplaas is. Haar toestand het daar algaande versleg en sy het na die hartaanval beswyk.
Susarah Elizabeth Classen se roudiens vind op Saterdag 24 Februarie om 10:00 by President CR Swartstraat 22 in Riversdal plaas.
Die familie wil graag almal bedank vir hul bystand voor en ná haar afsterwe. Hulle wil ook hul dank betuig teenoor Avbob wat hulle bygestaan het en gehelp het deur die proses.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’