STILBAAI NUUS - Rassie du Plessis het ’n uitsonderlike prestasie behaal, want op 87-jarige ouderdom het hy al 56 keer sy ouderdom op die gholfbaan verbeter of geëwenaar.
Hy het in 1953 begin gholf speel, maar aanvanklik kon hy nie dikwels speel nie.
Later het hy meer tyd gekry en het op sy dag vir die parlement se presidentspan gespeel.
Hy het in 1993 op Stilbaai kom aftree en by die gholfklub aangesluit. Op sy ouderdom is dit beslis ’n prestasie om steeds met ‘n 14-voorgee te begin wanneer hy twee maal per week speel.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'