Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - Hy was nog altyd lief vir stad en redelik fiks, maar met die inperking vanjaar het Johan Strauss van Stilbaai dié aktiwiteit baie ernstiger begin opneem.
Strauss vertel dat hy maar altyd gestap en gholf gespeel het. “Ek was tot ‘n mate aktief, maar wat dit regtig aan die gang gesit het, was die inperking met Covid-19 en het hy om die huis begin stap.
Uiteindelik kon stappers weer stap en drawwers weer draf, al was dit met ‘n masker.
“Die gemiddelde mens in ‘n werksituasie stap so 4 000 tot 4 500 treë per dag. Maar as jy begin stap en dit word so 8 000, 10 000 of 15 000 tree per dag word dit ‘n heeltemal ander milieu in jou lewe. Ek het al vier paar stapskoene in 14 maande deurgestap - ongeveer agt en ‘n half miljoen tree.”
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'