Die finaliste gaan aan die Suid-Afrikaanse Karaoke deelneem wat op 3 November vanjaar plaasvind.
Dawid September van South Africa Karaoke Championship (SAKC) het Suid-Kaap Forum meegedeel dat nog 30 uitdunne oor Suid-Afrika tot die einde van Oktober gaan plaasvind en dat die moontlikheid ondersoek word om die finaal op Mosselbaai aan te bied.
Die persoon wat op 3 November aangewys word as Suid-Afrika se Karaoke Kampioen sal Suid-Afrika by die World Karaoke Championships verteenwoordig wat later vanjaar plaasvind en sal ook wegstap met ’n groot kontantbedrag.
