Gallery Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Die jaarlikse KANSA Relay for Life het die afgelope naweek op Riversdal plaasgevind. Altesaam 540 mense het deelgeneem aan die deurnag-aflos ter viering van kankerpasiënte wat oorleef het in herinnering van diegene wat die stryd teen kanker verloor het.
Die groot aflos het om 18:00 Saterdag 9 November begin en 06:00 Sondag 10 November ten einde geloop.
Die Relay is gepas begin met die aansteek van die fakkel wat hoop simboliseer. “Die fakkel is die brandende vlam van hoop in ons harte dat ’n kuur vir kanker gevind sal word,” het Melvin Kleinbooi, die aankondiger wat die nag se verrrigtinge soomloos saamgesnoer het, gesê.
Fotogalery: Riversdal Relay for life
Die oorwinnaars was die eerste groep wat ’n oorwinningsrondte om die veld gestap het, gevolg deur die toegewyde versorgers. Toe het die spanne een vir een ingeval en op maat van vrolike musiek met hul baniere om die veld gestap. En gestap en gestap.
Kyk 'n video hieronder:
Die spanne het aangetree vir die gewyde oomblik toe die luminare-lanterns aangesteek is.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'