HEIDELBERG NUUS - 'n Man van Slangrivier (47) het sy lewe verloor toe hy gisteraand, 27 Mei, blykbaar beheer oor sy voertuig verloor het.
Volgens sers. Imorgene Hendricks, Heidelberg-polisie mediawoordvoerder, het die ongeluk net na 19:00 op die Grootvadersboschpad buite Heidelberg gebeur.
Hy is op die toneel deur die ambulans personeel dood verklaar.
Sy vroulike passasier (37) is met ligte beserings na Riversdal-hospitaal vervoer.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'