STILBAAI NUUS - 'n 29-Jarige man is vir dronkbestuur gearresteer nadat hy blykbaar beheer oor sy bakkie, 'n Nissan NP200 verloor en in die sloot langs die pad, waar konstruksiewerk plaasvind, beland het.
Die voorval het in die vroeë oggendure van vanoggend, Woensdag 9 Augustus om ongeveer 03:00 op die R305 (Stilbaai-pad) by Skerpkoppies plaasgevind.
Volgens adjudant offisier Morné D'Emiljo, media woordvoerder van Stilbaai-polisie, het die man blykbaar self die polisie in kennis gestel.
Hy het geen beserings opgedoen nie. Daar was nie ‘n ander voertuig betrokke nie.
'n Saak van dronkbestuur word ondersoek.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'