STILBAAI NUUS - Twee persone is dood nadat die bestuurder blykbaar beheer oor die voertuig verloor en die pad verlaat het op die R305, Stilbaai-pad Dinsdag 10 April.
Vyf persone wat beseer is, was deur ambulanspersoneel behandel en na Riversdal-hospitaal geneem. Nog ses ander insittendes het glo op die toneel rondgestaan.
“Die bestuurder van die bakkie het gesê dat hy werkers vanaf Stilbaai na Heidelberg vervoer en toe beheer verloor het,” aldus lt.kol. Delisia Isaacs, stasiebevelvoerder van Riversdal-polisie.
Die oorledenes, Hendrik (Stoffie) du Toit en Fergie Ferguson is albei van Heidelberg. Geen verdere inligting is tans bekend nie.
‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.
Die ongelukstoneel.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'