HEIDELBERG NUUS - 'n Gru-ongeluk op die N2 net buite Heidelberg het vanoggend net vóór 08:00 die lewe van een persoon ge-eis terwyl vier ander, waaronder 'n ambulanspraktisyn, verskeie beserings opgedoen en hospitaal toe vervoer is.
Dit wil voorkom asof die oorledende, wat alleen in die wit Nissan NP200-bakkie was, beheer oor die voertuig verloor en teen die ambulans in die regterbaan vasgery het waarop 'n Honda Civic-passasiersvoertuig van agter in die Nissan-bakkie vasgejaag het.
Al drie voertuie was in die rigting na Riversdal,
Die drie insittendes van die Honda is per ambulans na die hospitaal in Riversdal vervoer, terwyl die ambulanslid per lugambulans na George-hospitaal vervoer is.
Reddingswerkers besig om die ongelukstoneel, waarin een person dood is, op die N2 net buite Heidelberg op te ruim. Foto's: Clive Pretorius
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'