STILBAAI NUUS - Twee insittendes van ‘n dubbelkajuit Mitsubishi is beseer toe die bestuurder blykbaar beheer verloor het.
Die voorval het Saterdag 30 September teen 04:30 op die R305, Stilbaaipad by Putstop plaasgevind.
Rowan Oosthuizen van Stilbaai het verskeie ribbeserings opgedoen en sy voet is gebreek.
Hy was in Riversdalhospitaal, maar is reeds ontslaan.
Die bestuurder, Cyril Hall se enkel is vergruis en hy is steeds in George-hospitaal.
Dit is onbekend van waar hy is. Slegs ‘n botsingsverslag is geopen.
Die bestuurder het beheer verloor en teen die stormwaterpyp, in die sloot aan die oorkant van die pad, gebots. Foto: Wilma Adamson
In 'n afsonderlike ongeluk is die bestuurder van dié rooi dubbelkajuitbakkie oorlede nadat hy vermoedelik beheer oor die voertuig verloor het.
Manie Els het Sondag 1 Oktober om ongeveer 22:00 vanuit Albertinia se rigting na die berg se kant gery toe die voorval by Skilpadgat plaasgevind het.
“Die ander insittende is beseer en is na Riversdal-hospitaal geneem,” het die stasiebevelvoerder, kapt. Susan Botha gesê. ‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.
Foto: verskaf
ARTIKEL: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'