Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO'S - Met die verkiesingskoors so hoog hier op dié dorp, is dit glad nie verbasend dat eerste keer kiesers so in ekstase is oor hul eerste stemdag nie.
Beide Jody Basson en Mickyle Arendse, matrikulante aan Kairos SSS het vandag hul kans met beide hande gegryp.
Hul stem vir hul verskeie party uit te bring. Beide is van mening dat dinge nie van die beste is nie, maar, hoop dat hul stem sal bydra tot verbetering in die land.
VIDEO: Clive Pretorius, Suid-Kaap Forum se korrespondent in Heidelberg, het met twee leerders van Kairos Senior Sekondêr gesels oor hul kans om vir die eerste keer te stem.
VIDEO: Die luim oor die algemeen is baie jolig en oral basuin die musiek uit voertuie en by die inligtingstafels.
Verkiesing verloop nog glad op Heidelberg
Die verkiesing verloop nog glad hier op Heidelberg, veral by die Duivenhoks Gemeenskapsaal. Kiesers jonk, oud asook gestremdes het opgedaag om hul stemreg uit te bring vir hul verskeie politieke party.
Die luim oor die algemeen is baie jolig en oral basuin die musiek uit voertuie en by die inligtingstafels.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’